Trump het vrou wat hom van verkragting beskuldig, gesien as eksvrou

Oudpresident Donald Trump het E Jean Carroll, die skrywer wat hom van verkragting beskuldig, vir sy eksvrou Marla Maples aangesien. Dit is volgens amptelike dokumente wat pas bekend gemaak is van ‘n verklaring wat in Oktober afgeneem is. Carroll sê Trump het haar in die middel-90’s in ‘n afdelingswinkel se aanpaskamer verkrag. Tydens die afneem van die verklaring is ‘n foto aan die oudpresident gewys waar hy met verskeie persone gesels, en hy het Carroll as sy eksvrou geïdentifiseer. In sy verklaring het Trump vorige opmerkings herhaal dat hy Carroll nie geken het nie en dat sy nie sy tipe is nie.