Trump het uiters swak oordeel getoon, sê Pence

Oud-president Donald Trump se ete met Kanye West en die verregse wit-aktivis Nick Fuentes lok groot kritiek in die VSA uit. Die drie het by Mar-A-Lago middagete geniet en daar het West ook sy presidensiële veldtog vir 2024 bekendgestel. Trump se vise-president Mike Pence, is van mening dat is uiters swak oordeel van Trump was, veral omdat hy sy voornemens reeds daargestel het dat hy as Amerikaanse president wil staan in die volgende verkiesing.