Trump het hoogs geheime, geklassifiseerde dokumente gehad

Die FBI het beslag gelê op 11 stelle geklassifiseerde lêers by die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, se landgoed in Florida. Die dokumente sluit volgens berigte hoogs geheime materiaal in wat “uitsonderlik en ernstige” skade aan Amerikaanse nasionale veiligheid kan veroorsaak. Trump ontken enige oortreding en sê die items is gedeklassifiseer. Die lys items is Vrydagmiddag bekend gemaak nadat ‘n regter die dokument ontseël het. Volgens die dokument is meer as 20 bokse met items geneem, insluitend foto’s, ‘n handgeskrewe nota, en ongespesifiseerde inligting oor die “president van Frankryk”. Sowel as vier stelle hoogs geheime lêers, bevat die lys drie stelle “geheime dokumente” en drie stelle “vertroulike” materiaal. Die lasbrief dui daarop dat FBI-agente kyk na moontlike oortredings van die Spioenasiewet. Sou dit bewys word, kan Trump krimineel aangekla word.