Trump het alles probeer by justisie-departement om verkiesings om te keer

Voormalige amptenare van die Amerikaanse departement van justisie sê oudpresident Donald Trump se plan om sy verkiesingsverlies in sleutelstate om te keer, was ‘n moord-selfmoord verdrag. Hulle het getuig by die kongresondersoek wat verlede jaar se Amerikaanse Capitol-oproer as ‘n poging tot staatsgreep ondersoek het. Voormalige waarnemende prokureur-generaal Jeffrey Rosen sê Trump het feitlik elke dag voor die aanval op die Capitol na hom uitgereik om oor die sogenaamde verkiesingsbedrog te praat. Al wat hy wou hê is dat die departement sê daar was bedrog maar, hulle kon geen bewyse daarvan vind nie.