Trump en sy binnekring word ondersoek vir opstand

Die Amerikaanse departement van justisie ondersoek na berig word die optrede van die voormalige president, Donald Trump tydens die aanval op die Kongresgebou op 6 Januarie 2021 en sy poging om die verkiesing van 2020 om te keer. Volgens Amerikaanse media het ondersoekers getuies spesifiek uitgevra oor Trump se optrede en die telefoonrekords aangevra van voormalige amptenare en assistente, insluitende die voormalige hoof van personeel, Mark Meadows. Die prokureur-generaal van Amerika, Merrick Garland, het onderneem om almal wat verantwoordelik was vir die inmenging in die vreedsame oordrag van mag, strafregtelik aanspreeklik te hou…