Tropiese storm op pad na Florida

Owerhede in Florida, Amerika het ‘n tropiese storm-waarskuwing uitgereik nadat die weerverskynsel Fred weer versterk het. Die storm is op pad na Florida se pypsteel-gebied en swaar reënval word verwag. Die land se nasionale orkaansentrum waarsku teen vloede regoor die suid-oostelike en suidelike dele van die staat, sowel as dele van Alabama, Georgia en die Carolinas. Goewerneur Ron DeSantis het reeds ‘n ramptoestand in die pypsteel-gebied afgekondig.