Tronkstraf vir luislangvelle

Erastus Mutjireni Hamutenya is tot 20 maande tronkstraf of ‘n boete van 7 000 Namibiese dollar gevonnis nadat hy einde Julie vanjaar met twee luislangvelle in sy besit by Kahenge in hegtenis geneem is. Hy is skuldig bevind aan die onwettige besit en of handel dryf in beheerde wildprodukte.