Tronkstraf as jy sigarette aan minderjariges in SA verkoop

Die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels bepaal dat enige persoon of onderneming wat sigarette aan minderjariges verkoop, beboet of 15 jaar tronkstraf opgelê kan word. Dit sluit in ondernemings wat lekkergoed, speelgoed of items wat soos sigarette lyk, versprei. Die Departement van Gesondheid se woordvoerder, Lynn Moeng-Mahlangu, sê die wetsontwerp stel ook die eerste keer wetgewing ten opsigte van elektroniese nikotien- en nie-nikotiensigarette voor, sowel as die instel van 100 persent rookvrye gebiede, insluitend in sekere openbare gebiede, werksplekke of voertuie.