Trein met mangaan ontspoor in Suide

Nóg ‘n trein van TransNamib het vanmiddag omstreeks twee-uur in die Suide ontspoor. Dié keer is dit ‘n trein met mangaan wat tussen Ariamsvlei en Lüderitz ontspoor het. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ‘n lokomotief met vier waens het ontspoor en die treindrywer en sy assistent is lig beseer. Sy het gesê die operasie om die treinspoor te herstel is onderweg en die spoorlyn sal na verwagting teen Maandag weer operasioneel wees. Herstelwerk was reeds besig aan die spoorlyn, ná erge skade wat vroeër vanjaar weens die reën veroorsaak is.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *