TransNamib-werkers staak volgende week

Berigte lui dat werkers by TransNamib vanaf Maandag met ‘n staking by verskeie depots regoor die land sal begin. Die Namibiese Vervoer- en Geallieerde-werkers Vakbond, Natau, het die staking bevestig en sê daar is verskeie kwessies wat opgelos moet word, insluitend voortslepende eise vir ‘n salarisverhoging. Die nasionale koördineerder, Helvi Hamuskoshi, sê hulle het ‘n dispuut verklaar en bevestig. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer sê onderhandelings vind sedert verlede jaar plaas, in samewerking met die arbeidskommissaris en daar is eenvoudig geen geld om ‘n verhoging toe te staan nie. Die maatskappy het die afgelope tyd gebuk gegaan onder verskeie ongelukke en onklaar lokomotiewe wat sy bedrywighede negatief beïnvloed het.