TransNamib-werkers betoog steeds

Werknemers van TransNamib en lede van die Namibiese Unie vir Vervoer en Verwante Werkers, Natau, betoog vandag weer teen die verlies van 340 werksgeleenthede by die hoofkantoor in Windhoek. Natau sê die protesaksie sal daagliks landwyd by treinstasies voortduur totdat TransNamib se bestuur “werklik” begin onderhandel. TransNamib het gister in ‘n mediaverklaring sy ontevredenheid oor Natau se reaksie uitgespreek en gesê die 340 werknemers sal op ‘n vrywillige basis laat gaan word.