TransNamib reageer op stemming ten gunste van staking

TransNamib het gereageer op die uitslae van die stemmery deur betrokke vakbond, Natau, dat hulle wel ten gunste is van ‘n staking. ‘n Totaal van 788 stemme is ontvang met 726 ten gunste daarvan. Volgens Abigail Raubenheimer, woordvoerder van TransNamib, wag hulle nou vir ‘n formele kennisgewing vanaf die vakbond.