TransNamib, IUM werk saam aan verdere opleiding
TransNamib Holdings en die Internasionale Universiteit van Bestuur het ‘n memorandum van ooreenkoms onderteken wat beoog om innovasie en ontwikkeling te ondersteun. Die samewerking sal die weg baan vir groei in menslike hulpbronontwikkeling, kennisdeling en navorsing, ter ondersteuning van Namibië se Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP5) en Visie 2030. Die memorandum is daarop gemik om nuwe kurrikulums vir verdere studie vir TransNamib-werkers te ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Abigail Raubenheimer, TransNamib se woordvoerder, wat meer inligting verskaf.