TransNamib het planne in plek vir staking môre

TransNamib sal ‘n geen-werk-geen-betaal-beleid gebruik tydens die duur van ‘n staking wat môre deur sy werknemers beplan word. TransNamib het verklaar dat hoewel die staking die dienste van die staatsentiteit sal benadeel, hulle met ‘n gebeurlikheidsplan vorendag gekom het om voorsiening te maak vir basiese dienste. TransNamib het kennisgewing van die vakbond Namibiese Vervoer- en Geallieerde Werkersvakbond, Natau, ontvang dat die staking môre sal begin. Abigail Raubenheimer, die woordvoerder van TransNamib

Sy sê ook TransNamib het ‘n plan in plek om seker te maak treine is beskikbaar na sleutelbestemmings.