TransNamib het nie geld vir verhogings nie – Smith

Johny Smith, uitvoerende hoof van TransNamib het sy kommer uitgespreek oor ‘n moontlike staking by die maatskappy. Lede van die betrokke vakbond Natau, stem op 12 Augustus in verband hiermee. Smith sê ‘n staking sal uiters nadelig wees. Die personeel eis verhogings wat die maatskappy nie in staat is om te betaal nie. Hy sê die direksie het ‘n plan van nege tot 12 maande opgestel wat die lot van die sukkelende maatskappy kan omkeer en voeg by dat ‘n staking op niks sal uitloop nie omdat daar geen fondse is vir verhogings nie.