TransNamib gaan werknemers op vrywillige basis slaat gaan

TransNamib het in ‘n mediaverklaring bevestig dat daar wel planne is om 340 werknemers op ‘n vrywillige basis te laat gaan. TransNamib het beklemtoon dat geen werknemer op dié stadium gedwing sal word om te bedank nie, maar daar is wel te veel personeel. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, sê daar word reeds sedert 2018 besprekings in dié verband met die vervoervakbond, Natau, gehou en besprekings bly oop met die vakbond, personeel en alle rolspelers.  


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *