Transito-rowers met N$1,5 miljoen skoonveld

Die verdagtes van die gewapende transito-rooftog wat omstreeks half-elf vanoggend plaasgevind het by die Woermann Brock-kompleks in Hochlandpark in die hoofstad, het met sowat 1,5 miljoen Namibiese dollar weggekom. ‘n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê vyf tot ses onbekende mans het die slagoffers aangeval en met wapens aangehou. ‘n Wit Toyota RunX-voertuig is gebruik om weg te kom. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die geld is ook nie teruggevind nie. Kuwinga sê die polisieondersoek duur voort.