Transgender vrou kry N$50 000 in skadevergoeding

Regter Esi Schimming-Chase het 50 000 Namibiese dollar in skadevergoeding aan die transgender vrou, Mercedez von Cloete in die hoërhof toegestaan. Von Cloete het byna vier jaar gelede ‘n klag van aanranding teen ‘n Namibiese polisiekonstabel aanhangig gemaak. Sy het 200 000 dollar gevra. Die beslissing word as ‘n oorwinning vir die regte van die LGBTQ-gemeenskap gesien. Von Cloete is aangerand nadat sy gearresteer is.