TotalEnergies wil ook olie aan SA Weskus soek

Soos in Namibiese waters, het TotalEnergies planne bekend gemaak om met soektogte na olie aan Suid-Afrika se Weskus te begin. Volgens die maatskappy se webwerf beoog hulle om een gat te boor, met SLR Consulting wat omgewingskonsultasie en -beoordeling sal behartig. Volgens SLR sluit die gebiede waarin hulle belang stel die diepwater Oranjekom wat aan die kus geleë is, tussen Port Nolloth en Hondeklipbaai in die Noord-Kaap. TotalEnergies het tans ‘n eksplorasielisensie in Namibië vir Blok 2912 in die diepwater Oranje-kom. Dit volg na ongeveer 13 miljard vate se ru-olie net langsaan, in blok 2913B deur die Franse maatskappy in Februarie aangekondig is. SLR hou vandeesweek inligtingsvergaderings in Windhoek, Walvisbaai en Lüderitz.