Top-gehalte wild op aanbod by Outjo Wildsfees

Die Outjo Wildsfees vind op 26 en 27 Augustus by Sophienhof Lodge op Outjo plaas. Buiten al die stalletjies en vermaak uit die boonste rakke, is een van die groot trekpleisters die wildsveiling van Du Preez Wild van Otjiwarongo. Die wildveiling vind op Saterdag 27 Augustus plaas. Dirk du Preez van Du Preez Wild sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar word ‘n groot verskeidenheid wild op die wildveiling aangebied.