Toeriste stroom na Kaapstad

Die Kaapstadse Internasionale Lughawe beleef ‘n aansienlike oplewing in besoekers, met meer as 30 000 daaglikse aankomste van die begin van Desember af. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Tafelberg se sweefspoor spog reeds dié vakansieseisoen met ‘n indrukwekkende 109 000 besprekings. Vos skryf die groei toe aan die stad se internasionale stad-tot-stad-vennootskappe, soos dié op die Sao Paulo-Kaapstad-vlugroete. Vos sê die vennootskap dra by tot die ekonomiese welvaart van Kaapstad.