Toeriste-rushuise op Swakopmund onder die loep

Die Swakopmund Inwonersvereniging sê die kwessie oor die toeriste-rushuise wat onder-gebruik word, word deur die munisipale raad bespreek en voorstelle vir optimale gebruik word oorweeg. Die raad het besluit vir ‘n private vennootskap om die kwessie op te los. Die Swakopmund toeriste-huisies ly die afgelope jare ‘n verlies en met toerisme wat voortdurende verander, moet met nuwe idees vorendag gekom word. Die president van die vereniging, John Hopkins, sê die rushuise word nie tans deeglik onderhou of bestuur nie.