Toerismesektor verlig oor maatreël-aanpassings

Die Namibiese toerismesektor is verheug oor die veranderinge wat aan die Covid-maatreëls in die Staatskoerant aangebring is. Volgens die nuwe regulasies hoef toeriste nie meer ‘n negatiewe Covid-toets van nie ouer as drie dae by ‘n Namibiese grenspos te toon nie, maar ‘n negatiewe toets van nie ouer as sewe dae nie. Dit maak dit makliker vir buitelandse toeriste wat deur verskeie lande moet reis om in Namibië aan te kom. Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê groot verliese is in die toerismesektor gely toe Covid-toetse van slegs drie dae oud geldig was.