Toerismesektor teleurgesteld oor Namibië steeds op VK se rooilys is

Die Namibiese toerismesektor is teleurgesteld in die Verenigde Koninkryk se besluit om Namibië op die rooilys te hou, ondanks Namibië se dalende Covid-gevalle. Die rooilys plaas ‘n verbod op enige reis na Brittanje behalwe vir inwoners, houers van permanente verblyf en voltydse studente. Nrupesh Soni van die Namibian Travel and Tourism Forum het ‘n brief aan die Britse regering en media gestuur en nog geen terugvoering daarop gekry nie. Soni het sy ontevredenheid met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.