Toerismekenner beskuldig Namibië Toerismeraad van wanbestuur

‘n Kenner in die toerismebedryf het gereageer op die Namibië Toerismeraad wat bevestig het dat dit slegs tot einde November personeel se salarisse kan betaal. Nrupesh Soni van die Namibia Travel and Tourism Forum het gesê dit is bloot weens die wanbestuur van fondse. Hy het op Kosmos 94.1 Nuus uitgevaar teenoor die toerismeraad en gesê dit het nie die toerismesektor in hierdie moeilike tye gehelp nie.