Toerisme sal bly presteer in 2024

Die makelaarsfirma Simonis Storm sê aanvanklike aanwysers dui daarop dat die plaaslike toerisme- en gasvryheidsbedryf sy herstel voortsit. Januarie se besettingsyfers was hoër as die vlakke voor die pandemie met 36,8 persent van kamers wat vol was. Die firma voorspel dat toerisme een van die sterks presterende sektore van die ekonomie vanjaar sal wees. Daar sal ook verbetering wees in sake- en konferensietoerisme as gevolg van verskeie hoëvlak konferensies wat vanjaar gehou word.