Toerisme-oorsig: sektor sal moet konsolideer

Cirrus het ‘n oorsig van die Namibiese toerisme-sektor gepubliseer. Volgens die beleggingsmaatskappy, dra die sektor nie noemenswaardig by tot BBP nie en het in 2019, 2,1 persent, of 3,8 miljard Namibiese dollar bygedra. Maar, die sektor het ‘n uitgebreide waardeketting en as gevolg van kontant betalings, veral in landelike gebiede, dra dit ongeveer drie keer meer as net sy inkomste by aan die land se ekonomie, dus ongeveer 7 persent van BBP. Cirrus sê verder dat terwyl net minder as 4 miljard dollar in 2019 bygedra is, is 23,5 miljard direk en 12 miljard indirek in die ekonomie ingestoot. Covid het ‘n wesenlik impak op die bedryf gehad en in 2020 is 2 miljard dollar, of te wel 1,5 persent van BBP bygedra. Dus meen Cirrus verskeie operateurs sal oorleef en ander nie wat beteken die sektor sal plaaslik gekonsolideer.