Toerisme is besig om te verbeter

Die Namibiese toerisme-bedryf is besig om op te tel nadat dit die sektor is wat die ergste deur die Covid-pandemie getref is. Berigte is ontvang dat veral voertuigverhuringsmaatskappye nie kan voorbly met die bespreking van voertuie vir toeriste nie. Een so ‘n maatskappy is Gondwana Collection Namibia se voertuigverhuringsmaatskappy, Namiba2Go. Jescey Visagie, Gondwana se handelsmerkbemarkingsbestuurder, sê dit lyk belowend vir die toerismesektor wat vlug- en voeruigbesprekings betref.