Toep vir gestremdes plaaslik ontwikkel

The Minds in Action-span het ook die Nasionale Gestremheidskonferensies vir Gestremdes bygewoon wat deur die Konrad Adenauer Stiftung aangebied is. Die konferensie het ten doel om bewustheid, inklusiwiteit en openbare deelname te skep en om Namibië se reguleringsraamwerk vir mense met gestremdhede te vorm. Tydens die konferensie is ‘n mobiele toepassing ook van stapel gestuur om mense met gestremdhede te help. Die toep is op beide op Google Play en App Store beskikbaar. Ndaudika Mulundileni, die medestigter van Minds in Action wat saam met die stigting die toep ontwikkel het, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.