Toenemende misdaad op plase wek kommer by landbou-owerhede

Die president van die Namibiese Landbou-unie, Piet Gouws, het sy kommer uitgespreek oor toenemende misdaadvoorvalle op plase en gewelddadige aanvalle op boere in die land. Hy sê in die afgelope maand was daar vier plaas-aanvalle wat boere al hoe meer onveilig laat voel. Gouws het sy kommer oor die kwessie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel en sê die Namibiese polisie moet sy stryd teen misdaad verskerp…