Toename in kapings weens beurtkrag

ActionSA in Gauteng sê hy sal die Stad Tshwane vra om terugvoer te gee oor ‘n aangemelde toename in kapings weens beurtkrag. Die party is bewus gemaak van drie kapingsvoorvalle wat tydens beurtkrag in die stad plaasgevind het – in Mamelodi, Centurion en Pretoria-Wes. Die woordvoerder vir ActionSA se koukus in Tshwane, Thabang Sebotsane, sê die party sal ook aanbevelings aan die raad voorlê om die Tshwane-metropolisie te verplig om meer hulpbronne te ontplooi in die gebiede wat geraak is.