Toename in ekonomiese en bankbedrog

Die Namibiese banksektor het ‘n toename in bedrog en verwante ekonomiese misdade in 2022 waargeneem in vergelyking met die vorige jaar, volgens die Bank van Namibië. Altesaam 370 bedrogsake is in 2022 aangemeld, vergeleke met 268 gevalle wat in 2021 aangemeld is. Die kategorieë van bedrog wat deur bankinstellings in 2022 ervaar is, sluit in OTM-bedrog, EFT-bedrog, krediet- en debietkaart-bedrog, mobiele toepassings-bedrog, valuta-vervalsings en diefstal van kontant.