Toename in aanlyn-slenters in SA
Met meer en meer Suid-Afrikaanse verbruikers wat nou daaraan dink om sonkrag-panele by hul huise en besighede te installeer om beurtkrag vry te spring, is daar ook nou ‘n toename in aanlyn-slenters om inwoners uit hul swaarverdiende geld te bedrieg. Volgens die SA Bankrisiko-inligting-sentrum het verskeie mense reeds die slagoffers van die tipe swendelary geword met slagoffers wat soms tot tienduisende Suid-Afrikaanse rand op ‘n slag verloor het. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad…