Toelae plaas meer druk op belastingbetalers

Ekonome is van mening dat basiese inkomstetoelae verdere druk op belastingbetalers sal plaas. Volgens die jongste syfers, is die inkomste van die Namibiese regering, as persentasie van BBP tans op 29,6 persent. Die inkomste sluit alle belasting in. In Suid-Afrika staan dit tans op 37,2 persent. Belastingbetalers het reeds baie min voordele en in Suid-Afrika, waar die vlakke veel hoër is, is die uitdagings nog groter. Die buurland se beleggingsekonoom Dawie Klopper, gesels met Kosmos 94.1 Nuus daaroor vanuit ‘n Suid-Afrikaanse perspektief…