TLU SA oor minimum lone in die buurland

Die landbou-vakbond TLU SA in die buurland stel voor die land se regering oorweeg ‘n
permit vir werkloses, wat hulle uitsluit van die voorwaardes in die wet op minimum lone.
Persone met so ‘n permit sal dan oor hul eie vergoeding kan beding wanneer hulle vir
werk aansoek doen. Hierdie voorstel is deel van TLU SA se voorlegging aan die
Nasionale Minimumloon-kommissie. Die kommissie het kommentaar aangevra oor die
moontlike aanpassing van die minimum loon.