TLU: Gunstige ekonomie moet vir landbousektor geskep word

Die Transvaalse Landbou-unie sê hulle versoek aan die minister van finansies, Enoch Godonwana, vir vandag se mini-begroting is om landbouers as Suid-Afrika se grootste bate te beskou. Die hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê dis belangrik om ‘n gunstige ekonomiese omgewing te skep sodat boere kan voortgaan met hulle werk. Van Zyl sê die landboubedryf wil hê die regering moet beter voorsiening maak vir ramptoestande, en ekonomiese groeitoestande skep.