Tirop se man moet sielkundig waargeneem word

‘n Keniaanse hof het beslis dat Ibrahim Rotich, 41, die man van die vermoorde Olimpiese atleet Agnes Tirop, vir sielkundige waarneming opgeneem word voordat hy op die moordklagte teen hom kan pleit. Die waarneming moet onmiddellik begin omdat Rotich op 16 November sy pleit moet indien. Tirop is op 13 Oktober dood gevind met ‘n meswond in haar nek by haar huis op Iten. Haar man is die volgende dag in hegtenis geneem in Mombasa en owerhede sê hy het probeer om die land te vlug. Nes Namibië het Kenia ook groot uitdagings met geslagsgeweld met 40 persent van vroue in daardie land wat op een of ander stadium daarmee te doen sal hê.