Tim Noakes betree inentingsdebat

Die bekende Suid-Afrikaanse sportwetenskaplike, professor Tim Noakes, is voor stok gekry vir sy omstrede uitlating oor die Covid-entstof. Hy het getwiet dit wat hy op mediese skool van entstof geleer is, is nie dít wat nou as entstof aangebied word nie. Noakes het gereageer op ’n twiet waarin dr. Anthony Fauci, Amerikaanse kundige op die gebied van aansteeklike siektes, gekap is, omdat hy glo geldelik munt slaan uit die entstof en dat hy inligting weerhou het oor die nagevolge wat die entstof kan inhou. Noakes se twiet het hewige reaksie, negatief en positief, ontlok.