Tienerswangerskappe kort nuwe aanslag in Namibië

Frustrasie word uitgespreek in Namibië omdat gemeenskappe volwasse mans wat verhoudings met minderjarige meisies het, beskerm. Intussen kan die meisies nie voorbehoedmiddels by staatsinstellings bekom nie omdat hulle te jonk is en dus, word talle gedwing om onwettige, onveilige aborsies te hê. Die bekende geslagsaktivis Rosa Namises sê dit is tyd om die kwessie ernstig aan te spreek.