Tienduisende groet wyle president Hage Geingob

Die oorskot van wyle president Hage Geingob is besig om deur die strate van die hoofstad te beweeg. Duisende mense staan langs die roete, waar emosionele tonele hulle afspeel. Die verdediging-ministerie se adjunkhoof van gesamentlike bedrywighede, Rehabiam Kalimba, verwag duisende plaaslike en internasionale roubeklaers sal môremiddag Geingob se amptelike gedenkdiens by die Onafhanklikheidstadion bywoon, gevolg deur sy teraardebestelling by die nasionale Heldeakker Sondag.