Tiende Agra Speenkalf-kompetisie suksesvol

Dit is die tiende jaar wat die Agra Speenkalf-kompetisie in die huidige formaat plaasgevind het. Tussen 14 Julie en 7 September het 15 speenkalfveilings in die beesproduksiegebiede van Namibië plaasgevind. Piet Stoman, Handelsmerk- en Kommunikasiebestuurder van Agra, wens Andre Compion as die 2021 Agra Speenkalf-kampioen geluk en sê hy het geskiedenis gemaak.