Tien kameelperde vanaf KwaZulu-Natal na Malawi verskuif

‘n Groep van tien kameelperde word tans op ‘n epiese rit van Suid-Afrika na Malawi vervoer danksy die stigting vir kameelperdbewaring en ‘n aantal vennote soos die organisasie African Parks. Die sagmoedige langnekke het eers ‘n aantal weke in ‘n boma in die Mount Verde-reservaat in Kwa-Zulu-Natal deurgebring voordat hulle die naweek op ‘n vragmotor gelaai is vir die reis. Hulle sal na verwagting later die week by die Majete-wildreservaat in Malawi aankom. Die verskuiwing vind plaas drie jaar nadat die eerste groep kameelperde van Suid-Afrika na Malawi geneem is.