Tien intensiewesorgeenhede gaan in Namibiese staatshospitale gebou word

Die Namibiese gesondheidsministerie gaan intensiewesorgeenhede by tien gesondheidsfasiliteite bou, het die uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, gesê. Tans is daar net hoësorgeenhede by die Onandjokwe-hospital in die Oshikoto-streek, Oshakati in die Oshana-streek en die Windhoek Sentrale hospitaal. Nangombe het gesê die Keetmanshoop-staatshospitaal gaan in Oktober ‘n eenheid kry en daarna Katima Mulilo-staatshospitaal, en die staatshospitale op Outapi, Otjiwarongo, Gobabis, Mariental, Engela, Opuwo en Nankudu in Kavango-Wes.