Tien gekies vir Kreatiewe Interpreneurskap-program

Die Kreatiewe Entrepreneurskap-program wat deur die Duitse samewerkingsgeselskap, oftewel GIZ, en die Goethe-instituut Namibië befonds word, het tien begunstigdes vir 2021 uit 150 aansoeke gekies. Die program inspireer kreatiewe mense om sake-geleenthede te identifiseer en hul besighede te laat groei. ‘n Reeks van slypskole, mentor- en hersieningsessies begin in Augustus.