Tien dood in konflik met diere

Die Namibiese omgewingsministerie sê tien persone is in die 2020-2021 finansiële jaar dood in konflik met wilde diere en 42 is beseer. In die vorige jaar is daar sewe wat gesterf het 37 wat beseer is. ‘n Totaal van 1 486 gevalle van konflik is in die jaar aangemeld en 1 284 is deur owerhede ondersoek. Die meeste gevalle het in die noorde van die land voorgekom het met 476 in die twee Kavango-streke en 223 in Kunene. Krokodille is verantwoordelik vir agt sterftes en olifante vir twee. ‘n Totaal van 1 351 lewendehawe is deur roofdiere gedood waarvan 571 bokke was en 481 bees. Olifante het 780 hektaar landerye verwoes uit die totaal van 844 hektaar.