Thuli, die staatsrede en korrupsie

Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê sy hoop President Cyril Ramaphosa sal tydens sy staatsrede doelgerigte planne voorlê wat in ooreenstemming is met grondwetlike bestuur. Die president lewer vanaand sy staatsrede in die Kaapstadse stadsaal. Madonsela het by ‘n geleentheid wat deur Defend Our Democracy aangebied is, gesê om die Grondwet te eer, is dit belangrik om nie by korrupsie betrokke te wees nie: