Thieme bekommerd oor vlak van Hardapdam

Sven Thieme, voorsitter van die Ohlthaver en List-groep het sy kommer uitgespreek oor die droogte in die Suide en die Hardapdam se vlak wat nou op 43,5 persent staan. Die !Aimab Superfarm van Namibia Dairies, ‘n filiaal van die O en L-groep, het 250 hektaar grond onder besproeiing wat met water vanaf die nabygeleë Hardapdam voorsien word. Die plaas plant elke jaar mielies in die somer en koring in die winter. Die melkplaas het tans 68 Namibiërs in diens en het 1 800 koeie wat 35 liter melk per dag produseer, tussen 29 000 en 33 000 liter per maand. Thieme het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…