Theart: Windhoek het nog slangvangers

Na aanleiding van bewerings dat daar nie meer slangvangers in Windhoek is nie, het Francois Theart van Snakes of Namibia gereageer en gesê dit is nie die waarheid nie. ‘n Gebeurlikheidsplan is in plek gestel voordat sommige van die lede besluit het om weens ‘n gebrek aan fondse nie meer slangvangers te wees nie. Theart het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is nog drie slangvangers in die hoofstad wat slange sal red as hulle beskikbaar is.