Thailand wil tilapias uitroei

Thailand het oorlog verklaar teen ‘n uitheemse, indringer tilapia-visspesie wat groot skade aan die omgewing kan aanrig. Die wyfies kan 500 vingerlinge op een slag voortbring. Die spesie vreet klein vissies, garnale en slaklarwe, wat van Thailand se belangrike akwakultuurprodukte is. Die regering betaal nou mense om die vis te vang. Die owerhede hoop om binnekort ‘n geneties-gemanipuleerde spesie van die tilapia vry te laat wat steriele nageslag sal voortbring. Kundiges is egter bekommerd. Hulle sê die probleem met uitheemse spesies wat gevestig is, is dat hulle baie moeilik is om uit te roei.