Texas word gedagvaar oor aborsie-verbod

Vyf vroue het die Amerikaanse staat Texas gedagvaar en beweer die staat se aborsie-verbod op ses weke hou ‘n groot gevaar vir hulle gesondheid in. Twee dokters is ook deel van die hofsaak. Texas verbied aborsies behalwe in die geval van ‘n noodgeval en dokters kan tronkstraf van tot 99 jaar opgelê word. Volgens die hofsaak word vroue die nodige en moontlik lewensreddende mediese sorg ontsê want dokters in die staat vrees aanspreeklikheid ingevolge Texas se aborsieverbod.